Wicus van der Merwe

Zak, ek & Andrew Roos Rob Louw Harry Campbell en vroutjie Karen ferreira Pieter Koen Fen se trui-WP BO!! Roxy Louw & Rene Valiant,ek,Nadia,Arno van Zyl Christina Storm Getroue Klankman Vincent
You are here: Home Nuus Kuier in Kaaskopland!

Kuier in Kaaskopland!

wicus-kaaskoplandNet nou die annerdag sit ek en die huisdier en dink aan wanneer laas ons vakansie gevat het. Net daar en dan besluit ons toe by ons selwers dat die tyd nou ryp is vir so iets, aangesien ons 10 jaar laas so iets aangepak het!

Ons besluit toe op Holland om twee redes: 1. Ons wil die Nederlandse superstar Marco Borsato live in konsert gaan kyk, juis in die tyd wat ons beplan het om te gaan,en 2. Daar bly twee baie goeie vriende van ons en ons het hulle juis so lanklaas gesien.

Sak en pak is ons toe hier weg om die wilde vreemde wêreld te gaan verken! Almal waarsku ons om min klere in te pak aangesien dit nou somer is daar, maar ons vee ons daaraan af want hoe warm kan Europa se somers dan nou raak? Nodeloos om te sê, ons tas is toe van die swaarstes wat die dag ingeweeg word. Die vliegtuig sal ons vat tot in Johannesburg en daarvandaan  tot in Frankfurt waar Marcel en Marna ons sou kom oppik. Dit gee ons dan sommer ook die geleentheid om Duitsland so bietjie te verken voor ons Holland slaan! Soos my geluk dit natuurlik wil hê kry ek die een sitplek op die aerie wat deurgesit is en moet ek die tien ure Frankfurt toe aandurf met ‘n metaal staaf onder my holbene! As ek maar net geweet het dat dit die minste van my worries sou wees, sou ek nie eers gekla het daaroor nie, maar meer hiervan later!

wicus-kaaskopland-01Voor ons die vliegtuig in Johannesburg betrek kry ons ‘n dringende boodskap uit Holland uit wat proviand aanvra:  Niknaks, Mrs Balls, Jelly Tots, Iced Zoo en Romany Creams en o ja, Ons moet asseblief ook vir Marcel (Die Hollander) twee liter Klipdrift saambring. Alles wat ‘n man nie daar in die hande kan kry nie. So gesê, so gemaak en ons bagasie word nog heelwat swaarder. Die vlug het heel glad verloop todat ek die nag nie aan die slaap kon raak nie en genoodsaak was om ‘n slaapilletjie te vat. Nou kyk, ek is nie groot op pille nie en my gevoelente was dat die outjie my sou uitgooi vir ten minste ‘n dag, so met dit in my kop sluk en so vinnig as wat ek kan dat hy net nie kante raak nie en te veel afgee nie!

Na ‘n driekwartier het niks nog gebeur nie en ek is nog so wakker soos ‘n bok wat ‘n takkie hoor kraak het. Sluk maar nog een! Toe hulle ons wakker maak vir brekfis is my kop nog so deurmekaar dat ek nie eens besef ek eet quiche vir  brekfis nie. Nogal  spinasie en ek haat spinasie, maar daai tyd is dit "alles moet in" want wanneer sien ons weer kos? Met die afklimslag begin ek in my benewelde toestand met een van die medepassasiers gesels, maar terwyl ons praat raak ek sywaarts aan die loop sonder dat ek dit agterkom. Ek's later so ver van die man af dat ons op mekaar begin skree. Babelse verwarring tussen ons twee breek uit want hy dink ek wl nie met hom praat nie en ek kan nie verstaan dat die man nou skielik so klein raak nie. Gelukkig het die Huisdier ingegryp om die saak te beredder en almal is as vriende uit mekaar uit.

Dit was ‘n blye weersiens tussen ons en ons gashere! Ek dink Marcel was blyer om die Klipdrift te sien as wat hy was om my te sien, maar hy was nog meer opgewonde oor die vuvuzela wat ons vir hom saamgebring het want nou't hy 3! In die kar en daar gaat ons. Eerste stop, Die Rhein rivier. Hier klim ons op ‘n boot vir ‘n vyf uur cruise al met die Rhein af, verby die wêreldbekende Lorelei  en weer terug.(Ons het mos nog nie genoeg getrewwel vir een dag nie!) Nou kyk mensies, ek is die eerste een wat natuurskoon kan waardeer en gooi nog ‘n oer-oue kasteel in die prentjie en ek kan nie vinnig genoeg die kamera uitruk nie. Pragtige wêreld die Duitsland en ons geniet dit terdeë. Min wetende dat oer-oue kastele in Duitsland net so volop is soos rooibokke in die Kruger Wildtuin! Die eerste vier is jy kortasem van opgewondenheid en kan jy nie genoeg foto's neem nie, maar na ‘n uur en twintig kastele/rooibokke later is dit ook nie meer snaaks nie. So toe val ons maar terug op een van my beste ontdekkings van die hele trippie, ‘n Witte Biertjie. Ek is nie ‘n groot bierdrinker nie, maar hierdie spierwit bier het my hart gewen. So by so dat toe ons verby die Lorelei vaar is ek besig in die toilet om water af te slaan!

Terug in die motor sterk oppad Köln toe om een van die grootste katedrale in Europa te gaan besigtig, maar voor ons daar kom, moes ons eers die gevreesde Autobahn van Duitsland aandurf. Hier kan die manne enige spoed ry solank hulle net ‘n ongeluk maak nie, so 200km/h is niks ongewoons op die paaie nie. NIE TERWYL ONS DAAR WAS NIE! O nee, want soos ons besigheid maar werk, ry ons onsself slep-beng in ‘n verkeersknoop vas en daar sit ons vir twee ure lank. Ek's seker die enigste toeris in die wêreld wat in Duitsland op die Autobahn rondgeloop het na willekeur! Nog nie eens in SA het ek so lank in ‘n verkeersknoop vasgesit nie! In Köln aangekom begroet een van die grooste historiese geboue wat ek in my lewe nog gesien het ons. Die replica van die toppunt van die ding is op sy eie 4 meter lank. Ongelooflik!

Dit was 23h00 die aand toe ons by die Marcel en Marna se woning in Appeldoorn aankom en toe sit die son nog so hoog dat jy die tyd met ‘n sonwyser kon aanwys! Eerlikwaar, die son gaan eers 10h30 saans onder en dan is dit skemer en nie eers sterk skemer nie! Die voëls is heel van hul tiete af!

Vroeg die volgende oggend word ons opgejaag na die son al 03h00 opgekom het, terug in die motor Amsterdam toe waar ons gaan oorslaap by Marcia, na ons die groot vertoning gaan kyk het. Maar eers wil die vroue die strate aandurf.....om inkopies te doen! Ek is nie ‘n groot stapper nie maar daai dag het ek meer geloop as my hele jaar in die army. Winkeltjie in, winkeltjie uit, stalletjie in, stalletjie uit, foto van grag van onder en dan van bo, so fletter dit die heeldag aan en alhoewel alles bitter mooi en vreemd is, is ek ploiings toe ons die namiddag by die flet aankom. Maar kans vir rus is daar nie. Marcel was die heeldag op sy foon besig en net voor ons na die show toe sou stap breek hy die nuus: Behalwe vir die feit dat hy ons gewone kaartjies opgegradeer gekry het na Golden Circle kaartjies toe, het hy dit reggekry om ‘n "meet & greet" met Marco Borsato homself te bewerkstellig. Nou mense, ek moet julle mooi laat verstaan wat die man reggekry het. Marco Borsato is die grootste Nederlandse sanger ooit. Hierdie man vat ‘n sokker arena wat 35 000 sitplekke het, haal die gras uit om nog mense te akkomdeer, bou ‘n verhoog wat nog net deur U2 oortref is wat grootte aanbetref en vul dan die stadion, nie een aand nie, nie twee aande nie, maar 10 aande in ‘n ry!! Ons vertoning was op ‘n Donderdagaand en 18 000 mense het opgedaag! Hier kom ons uit SA uit en ons ontmoet die man, unreal! Weereens dankie Marcel, ek weet nie wat ek gaan doen om dit te troef nie. Miskien kan ek jou voorstel aan Nataniel.

wicus-kaaskopland-03Die show was fantasties! Ons was letterlik twee meter van die verhoog af en het niks gemis nie. Saam met Marco op die verhoog die aand was JURK(Uitgespreek Jurik), Jaap(Wenner van Holland's got Talent) en die die ander groot sanger in Holland, Guus Meeuwis. Alles ingeprop met 14 man groot orkes. Dit was regtig een van die lekkerste aande wat ek in ‘n lang tyd gehad het en ek sal dit nooit vergeet nie!

Die res van die trippie het ons al die toeriste goete gaan doen. Windmeule, kaas, weer Duitsland toe om te gaan uiteet, by Suid-Afrikaners gaan kuier(dankie Nefie en Niggie), Walletjiesstraat, opelug markte, nog shopping, paling en Hollandse herring rou geëet en nog stap en alles was te lekker vir woorde.  Al wat ons bietjie onder gekry het was die versengende hitte van vroeg oggend to laatnag. Dit was regtig uitermatig warm in Europa en ons het die piek van die hittegolf gevang.

Die dag toe ons moet afskeid neem het dit begin reën, en soos Marna dit gestel het:"Holland huil omdat julle weggaan!" Ek moes gesien het dat dit ‘n voorbode was, want hiervandaan het die duiwel ons bloots gery. Eerstens was ons heeltemal oorgewig en sou ons ‘n klein fortuin moes betaal om alles hier te kry, dus moes ons alles uitpak en oorpak net daar op die lughawe. Dit na ‘n halfuur in die ry!

Weer  terug in die ry en uiteindelik is ons ingeboek en groet ons ons vriende met ‘n lang traan in die oog. Hulle is volgepak van ons oortollige bagasie wat hulle vir ons gaan pos. Deur sekuriteit, lang wag voor die hek en ons is op die vliegtuig, moeg gekuier na ‘n heerlike vakansie, half verlig dat ons nou bietjie kan slaap......maar nog is dit einde niet! Na ‘n uur laai Lufthansa ons almal van die vliegtuig af a.g.v. ‘n tegniese problem. Ons word aangesê om ons bagasie te gaan opeis en na die kaartjie kantoor te gaan. Maklik genoeg, behalwe vir die feit dat ons bagasie 4 ure vat om uit te kom en toe ons by die kaartjie kantoor kom is daar ‘n ry hiervandaan na die Umgeni toe. Nog twee ure in die ry en net toe ons naby genoeg kom die Lufthansa personeel te ruik, 01h30 die oggend, maak hulle die kantoor in ons gesigte toe! 05h00 sal daar weer mens wees. Nodeloos om te se, ek was nie gelukkig nie en ook nie die ander passasiers wat agter ons was nie! Uiteinde van die saak was dat twee polisievroue ons vriendelik versoek het om maar te gaan, maar waarheen gaan jy daai tyd van die nag as jy al van 07h00 die oggend op jou voete was? Ons besluit toe om saam met ons nuwe vriende Chantelle da Silva van FHM SA, Lee die Australiër en Koshito(of so iets) van Japan die nag te verwyl in die enigste oop plek op die lughawe, ‘n kroegie!

wicus-kaaskopland-02Die volgende oggend 04h00 is weer voor die kantoor om eerste gehelp te word en wonder bo wonder kry ons ‘n vlug Kaapstad toe via Londen en dis eers die middag 16h00, so ons kan na ‘n hotel gaan, brekfis, stort en bietjie slaap sodat ons vars kan wees vir ons vlug. Na ‘n skamele uur se rus kry ons ‘n oproep uit SA van skoonsus(lees reisagent), histeries. Ons kan nie Londen toe nie want ons het nie ‘n transit visa nie! Terug lughawe toe! Daar gekom word ons , na baie vals verskonings van die Lufthansa personeel, geboek op ‘n vlug Johannesburg toe via Frankfurt wat ons baie dankbaar aanvaar. Wel sewe uur  se wag, maar  ons sal dit vat.  Vrek gesit is ons 40 min voor die tyd op die plek waar ons moet wees, net om uit te vind dat ons vlug weer gekanselleer is! Wat moet ek doen om uit Holland te kom?!! Na baie geraas en skel word ons uiteindelik eersteklas geboek JHB toe via Zurich en die mense by Swiss Air kon nie vriendeliker gewees het nie!

Dus kom ons ‘n dag te laat tuis met een tas wat missing is. Dié dop 7 dae later uit met die helfte van die inhoud GESTEEL! Wonder waar het dit gebeur????

So ja, dit is die storie van ons trippie. Ek hoop ek het jou nie te veel verveel nie.

Comments
Add New Search
+/-
Write comment
Name:
Email:
 
Title:
 
:angry::0:confused::cheer:B):evil::silly::dry::lol::kiss::D:pinch:
:(:shock::X:side::):P:unsure::woohoo::huh::whistle:;):s
:!::?::idea::arrow:
 
Please input the anti-spam code that you can read in the image.
p90x   |222.76.112.xxx |2010-09-09 05:51:11
p90xkicks
P90x
cheap p90x dvd
P90x workout sale
p90x dvd sale

cheap P90x workout
 discount p90x dvd
p90x online sale



link:http://www.p90xkicks.com

link:http://www.p90xkicks.com

link:http://www.p90xkicks.com

link:http://www.p90xkicks.com

link:http://www.p90xkicks.com

link:http://www.p90xkicks.com

link:http://www.p90xkicks.com

link:http://www.p90xkicks.com
sexy   |222.76.112.xxx |2010-09-09 05:50:37
christian louboutin shoes sale
red high heel shoes
christian
louboutin boots
 Discount christian louboutin shoes

cheap christian louboutin shoes
jimmy choo shoes sale

christian louboutin pumps sale
  Evening shoes on sale





link:http://www.sexyshoeskicks.com
link:http://www.sexyshoeskicks.com
link:http://www.sexyshoeskicks.com
link:http://www.sexyshoeskicks.com
link:http://www.sexyshoeskicks.com
link:http://www.sexyshoeskicks.com
link:http://www.sexyshoeskicks.com
Evening shoes on sale

3.26 Copyright (C) 2008 Compojoom.com / Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 

Wicus se CD's

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Login Form

My Optredes

No current events.

Polls

Watter song Like jy?
 

Advertensies