Wicus van der Merwe

Pieter Smith op stage Tobie Jooste & Zak van Niekerk Jill van Shine 4 Hoit! Fans Kyk waar moet ek teken! Harry Campbell en vroutjie Aksie!! Die GEHATE make-up! Die Campbells Ek, Anton Myburgh & Zak
You are here: Home Nuus

van der Merwe

wicus-kaaskopland

Kuier in Kaaskopland!

Net nou die annerdag sit ek en die huisdier en dink aan wanneer laas ons vakansie gevat het. Net daar en dan besluit ons toe by ons selwers dat die tyd nou ryp is vir so iets, aangesien ons 10 jaar laas so iets aangepak het!

Ons besluit toe op Holland om twee redes: 1. Ons wil die Nederlandse superstar Marco Borsato live in konsert gaan kyk, juis in die tyd wat ons beplan het om te gaan,en 2. Daar bly twee baie goeie vriende van ons en ons het hulle juis so lanklaas gesien.

Lees meer...

 
wicus-tempo-toekenning

Wicus wen ‘n Tempo!!!

Vir die eerste keer in my lewe wen ek iets anders as die hoogspringbeker in die hoërskool! Huisgenoot Tempo nominasies 2009 het vroeër vanjaar uitgekom, en reken, daar staan my naam onder die nominasies vir "Beste Humoristiese Album"......

Ek was al voorheen genomineer vir sulke tipe toekennings, Vonk-, MK video- en ‘n Sama toekenning, maar was ek nooit in die gelukkige posisie om iets te wen nie.

Lees meer...

 
wicus-van-der-merwe-hooit

HOOIT! Die nuwe CD is Hier!

Hier is hy einde ten laaste, my heel nuuste toevoeging tot my cd uitgawes. Die mense het gevra vir nuwe songs en stories en ek hom uiteindelik klaar gekry.

Nou ja, ek moet erken ek het hom al by KKNK bekend gestel en dit lyk my darem die mense hou daarvan. Ek sê dit net omdat dit die cd is wat ek nog die meeste van verkoop het van enige van my vorige cd's op KKNK. Dit lyk my ook dit loop goed in die winkels en 'n baie snaakse ding het ook gebeur!

Lees meer...

 

Baie, baie lank gelede...

...het ek laas iets op die website gedoen en dit pla my al 'n hele tydjie. Tog beskaam die hoop nie en as jy bietjie verder lees na 'n lang dag, sal ek jou presies vertel wat alles intussen gebeur het.

Die laaste kommunikasie wat ek op die website geplaas het was my datums vir KKNK, so ek vra nederig om verskoning vir die lang wag. Dinge het intussen bietjie rof gegaan, maar dis nie iets waaroor ek kla nie. Nou dat die winter ingeskop het en die reën so lekker hier buite my huisie val, is dit die eerste keer dat ek weer rustig kan raak en 'n paar goedjies met julle deel.

Lees meer...

   

Wicus se CD's

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Login Form

My Optredes

No current events.

Polls

Watter song Like jy?
 

Advertensies