"Hier is ons alweer..., Weereens baie dankie vir KOSIE, ERNST, WERNER & MYLES en almal by SELECT wat hierdie droom waar gemaak het. CARMEN ek wil vir jou spesiaal dankie se vir al die moeites en ure wat jy insit om my goedjies te laat mooi loop. Ek kan nie vir jou genoeg dankie se nie!! LEON BEUKES, baie dankie ook vir jou bydrae tot die outjie, jy's 'n goeie pel en 'n great skrywer! Dankie aan VISSIE van MUSIEKWERELD vir die verskaffing van die klantoerusting en kitaarwerk en vir BRIAN NIEUWOUDT vir die konsertina spel.
RENE, dankie dat jy my laat weggaan elke naweek en alleen by die huis sit en wag. Ek is baie lief vir jou! Vir al my FAMILIEen VRIENDE, dankie aan julle ook! Aan al die PELLE wat ek die afgelope jaar of wat in die bedryf gemaak het wil ek dankie se dat daar so '[n great gees tussen die manne (&girls) kan wees en niks van die "petty" onderlangse bakleiery nie! En nou gaan ek iets se wat ek nooit gedinkg het ek sal ooit se nie...Aan al die "FENS" wat die CD koop en na die shows toe kom...julle het my wildste drome oortref! Bitter baie dankie vir alles! Julle weet nie hoe baie ek dit waardeer jat julle my ondersteurn nie! Weereens baie dankie!!
Ek dra hierdie cd op aam my MA, my VROU en my PA vir wie nog steeds mis. Dad jou song is hier op!!
GROETE EN LIEFDE, WICUS
![]() |
|
| Comments |
|









CD's 



